Rûens Kollege is ‘n inklusiewe skool wat aansoeke oorweeg van enige kind wat kwaliteit onderrig, in Afrikaans, binne ‘n Christelike waardesisteem wil ontvang. Ons aansoekproses is as volg:
- Laai asseblief ons aansoekvorm af en stuur die voltooide vorm na finansies@ruenskollege.co.za.
- Ons sal u, met ontvangs van die voltooide aansoekvorm, kontak om ‘n onderhoud met die skoolhoof te skeduleer.
- Ons skoolhoof, Mnr. JJ Westraad, sal u op ‘n begeleide toer deur die skool vergesel en enige vrae rakende die onderwysfilosofie en beleide van Rûens beantwoord.
- Kinders word toegelaat tot die Klippie klas in die jaar wat hulle drie word.
- Alle aansoekers vir Graad R en Graad 1 moet ‘n skoolgereedheidstoets aflê by ons arbeidsterapeut. Die afspraak sal vir u gereël word.
- Aanvaar die aanbod tot toelating deur ‘n terugbetaalbare leningsheffing van R4000 te betaal.