Sport

Sport

Somersport

Swem is ‘n fokus somer- en wintersport en word geprioritiseer vir die liggaamlike en skolastiese voordele wat dit bied.  Die onderdak, verhitte swembad bied die kinders toegang tot baie swemklinieke en uitsonderlike afrigting, binne en buite skoolure.  Rûens is reeds alombekend vir die welslae wat sy kinders in hierdie akwatiese sportgebied behaal het.

Tweekamp en soms ook Driekamp (swem, fietsry en hardloop) word as ‘n veelsydige multi-sport opsie geniet. ‘n Verskeidenheid van beide skoolbyeenkomste en bykomende privaatkompetisies bied geleenthede vir prettige tot meer kompeterende deelname.

Alhoewel massadeelname in Atletiek aangemoedig word tydens ons Inter-huis byeenkoms, presteer ons atlete jaarliks ook op individuele gebied goed in Inter-skole, Suidpunt en selfs Wes-Kaap vlak.

Tennis word weekliks deur ‘n professionele tennisafrigter in klein groepies afgerig en daar word die keuse van meer individuele afrigting gebied, sou daar ‘n behoefte aan privaatafrigting wees.

Die fokus in krieket is op vaardigheidsontwikkeling en dit word dikwels deur middel van aksiekrieketwedstryde en –toernooie ingeoefen.  Die waarde en waardigheid van elke deelnemende speler word by sulke geleenthede benadruk en ‘n liefde en begrip vir krieket word op ‘n genotvolle en aksiebelaaide wyse aan al die kinders oorgedra.

Wintersport

Ons binnenshuise akwatiese geriewe bied kinders die geleentheid om reg deur die jaar aktief aan swem te kan deelneem en daar hoef dus geen onderbreking in die afrigting van ontwikkelende of presterende swemmers te wees nie.

Die ongerepte landelike omgewing maak deelname aan Landloop ‘n gesonde opsie vir almal en dit bly dus een van ons populêre sportkeuses vir die winter.

Die seuns neem aktief deel aan rugby en spanne word saamgestel soos die getalle in die verskeie ouderdomsgroepe dit toelaat.  7-man en 10-man spanne is gewilde opsies en elke seun word die geleentheid gegun om deel te wees van die beste skoolspan in sy ouderdomsgroep.

Netbal is ‘n gunsteling onder die meisies en die fokus op vaardigheidsontwikkeling bied aan elke ontwikkelende speler die kans om aktief op elke vlak van hierdie gewilde spansport deel te neem.

Twee-en Driekamp

Swem

Atletiek

Tennis

Krieket

Rugby

Netbal