Tussen die Rûens lê ons skool
hier werk ons saam met eendragtige doel
ons toekoms word hier bepaal.
Reik hoër, werk saam, die prys te behaal.
Seën ons Here, God seën ons saam,
ons wil nie streef na eie faam.
Nee, Heer ons wil U eer,
deur ons lewens ander leer.
Die Rûens Kollege is ons naam,
sukses word behaal deur saam te staan
en waarheid na te streef,
en vir Christus voluit te leef.