Tegnologie

Tegnologie

Rekenaars

Die rekenaarklas is voortdurend tot ons kinders se beskikking om hul rekenaarvaardighede binne konteks aan te leer en in te oefen. In die Grondslagfase word CAMI Perseptueel gebruik om basiese vaardighede aan te leer en CAMI Wiskunde om die Wiskunde vaardighede wat in die klas aangebied is, in te oefen. In die hoër grade gebruik hulle die rekenaars hoofsaaklik om vakgerigte take af te handel. Die Microsoft Office program word gebruik om stelwerk te redigeer en take saam te stel en aanbiedings voor te berei. Die Graad 7-klas leer gedurende Wiskunde periodes om Geogebra te gebruik. Dit vergemaklik die onderrig en leer van meetkunde geweldig en skep ook die geleentheid om algebra visueel konkreet te maak.

Robotika

Robotika is die proses waardeur robotte geprogrammeer word om ʼn verskeidenheid opdragte uit te voer. Ons beskik oor nege Lego Mindstorms Wedo 2 asook nege Lego Mindstorms EV3 robotika stelle. Die kinders geniet die informele blootstelling aan kodering deur fisies ʼn robot te beheer. Hulle leer om as ʼn span presiese instruksies te gee en kan onmiddellik sien of dit die gewenste uitkomste het.  Robotika ondersteun die onderrig van Wetenskap, Tegnologie en Wiskunde en dra ook geweldig daartoe by om probleemoplossing, kreatiwiteit en samewerking te bevorder. Die vaardighede is belangrike vereistes vir toekomstige leer en werk.