Ons volg die Nasionale Kurrikulum (KABV) as die basis van ons kurrikulum, maar die personeel word aangemoedig om die kurrikulum uit te brei sodat dit meer sinvol, aktief en interessant vir ons kinders kan wees. Ons fokus op kritiese denke, probleemoplossing, kreatiwiteit, samewerking en aanpasbaarheid. Rûens Kollege glo daaraan om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf en die mikpunt met hierdie onderrigprogram is dat elke leerder tot sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel.
Ons akademiese leuse is “Leer om te Lewe. Lewe om te Leer”.