Ons Geskiedenis

In 1995 is daar in die groter Rûens gemeenskap die behoefte aan volhoubare hoë kwaliteit onderrig binne ʼn Christelike waardestelsel geïdentifiseer, aangesien die toekoms daarvoor in openbare skole nie rooskleurig gelyk het nie. Groepe van die omliggende dorpe, onder leiding van Me. Frieda Muller, met die gemeenskaplike doel om hoë kwaliteit opleiding aan hulle kinders te bied, het besluit om saam te werk en een lewensvatbare, onafhanklike skool in die Rûens gebied daar te stel. Dit het saamgeval met die beëindiging van ʼn voormalige Model C Staatskool, wat bekend gestaan het as Laerskool Klipdale, weens die uitdagings wat openbare plaasskole daardie tyd in die gesig gestaar het.

 

Klipdale was sentraal geleë en daar is besluit om daar, op ʼn plaas, die nuwe onafhanklike skool tot stand te bring. Leerders van omliggende dorpe sou met busse daarheen vervoer word. Al die belanghebbendes het bymekaar gekom en ʼn groep van sewe lede is verkies as direksie, onder leiding van Mnr. Douw de Kock, wat die proses sou dryf om alle beleide in plek te kry om die onafhanklike skool, Rûens Kollege vir Christelike Opvoeding, te registreer.

Ons Geskiedenis

In 1995 is daar in die groter Rûens gemeenskap die behoefte aan volhoubare hoë kwaliteit onderrig binne ʼn Christelike waardestelsel geïdentifiseer, aangesien die toekoms daarvoor in openbare skole nie rooskleurig gelyk het nie. Groepe van die omliggende dorpe met die gemeenskaplike doel om hoë kwaliteit opleiding aan hulle kinders te bied, het besluit om saam te werk en een lewensvatbare, onafhanklike skool in die Rûens gebied daar te stel. Dit het saamgeval met die beëindiging van ʼn voormalige Model C Staatskool, wat bekend gestaan het as Laerskool Klipdale, weens die uitdagings wat openbare plaasskole daardie tyd in die gesig gestaar het.

Klipdale was sentraal geleë en daar is besluit om daar, op ʼn plaas, die nuwe onafhanklike skool tot stand te bring. Leerders van omliggende dorpe sou met busse daarheen vervoer word. Al die belanghebbendes het bymekaar gekom en ʼn groep van sewe lede is verkies as direksie, onder leiding van Mnr. Douw de Kock, wat die proses sou dryf om alle beleide in plek te kry om die onafhanklike skool, Rûens Kollege vir Christelike Opvoeding, te registreer.

Aan die einde van 1996 is die Laerskool Klipdale gesluit en al die kinders wat by die sluiting deel van die skool was, word geakkommodeer in die nuwe onafhanklike skool. In Januarie 1997 open die nuwe onafhanklike skool, Rûens Kollege, sy deure met 66 leerders van oral uit die omliggende dorpe. Mnr. Thys Kriel is aangestel as skoolhoof. Ander leerkragte was me. Ansu Keyter, Wilma van der Merwe en Heila Le Roux.

 

Die eerste jaar het die direksie die ou bestaande staatskool se geboue gehuur, totdat daar in 1998 begin is om, onder leiding van Mnr. Amie van Blommenstein, ons eie skoolgebou op te rig. Hierdie skoolgebou het slegs die kantore, biblioteek, rekenaarsentrum en die drie klaskamers gehuisves. Die ander klasse was nog steeds gehuisves in die ou openbare skool. In dieselfde jaar het die ouers, met Mnr. Riekie Beyers aan die stuur, ingespring en ʼn sportkompleks opgerig wat bestaan het uit ʼn rugbyveld, atletiekbaan en klubhuis en die skool kon met trots die fasiliteite in gebruik neem aan die begin van 1999.

Die grond waarop die sportkompleks gebou is, is met ʼn ruiltransaksie tussen Mnr. Hennie Groenewald en Mnr. Dirk Hanekom, aan die skool geskenk.

 

In 1999 is daar ook begin met ʼn voorskoolse afdeling en hulle was gehuisves in ʼn ou motorhuis. In 2003 is besluit om die skool verder te vergroot deur nog twee vleuels aan te bou en is die ou skoolgebou ontruim.

 

Mnr. Harry Moore, ʼn vriend van die skool, het vanaf 2011 groot kapitale skenkings vir die ontwikkeling van verdere fasiliteite vir die skool gemaak. In 2011 rig hy ʼn verhitte onderdak swembad op en twee jaar later maak hy dit vir ons moontlik om ʼn pragtige saalkompleks met klaskamers op te rig.

 

Rûens Kollege is in sy 23ste bestaansjaar en gaan van krag tot krag. Ons het die klasse uitgebrei om Graad RRR tot 7 in te sluit en werk elke dag onverpoos voort om aan ons kinders elke geleentheid te bied om as gelukkige en goed toegeruste burgers die samelewing in te gaan.