Ons jaarlikse gholftoernooi vind plaas gedurende die laaste naweek in Februarie op die Riviersonderend gholfbaan. Dit is die grootste toernooi in die distrik wat spelers van heide en verre lok. Die dag gee aan besighede in ons omgewing ‘n geleentheid om hul betrokkenheid by die skool en gemeenskap te bevestig en terselfdertyd hul verskaffers te trakteer met ‘n heerlike dag se spel op ‘n puik baan. Die hele gesin deel in die dag se vermaak wat met ‘n onvergeetlike ete afgesluit word.

Die tweejaarlikse wynveiling is ʼn hoogtepunt op ons kalender. Gaste kry nie net die geleentheid om uitsoek wyne en gepaardgaande produkte te koop nie, maar word ook met heerlike vermaak deur ʼn vooraanstaande gaskunstenaar en fynproewerskos getrakteer. Die bekende wynlandgoedere uit ons omgewing, Bon Courage en Raka Wyne, is die hoofborge vir die geleentheid.

Die skool bedryf jaarliks die uiters gewilde steakhouse tydens die Nampo Kaap Landbouskou in Bredasdorp. Dit is nie net ʼn fondsinsamelingsprojek nie, maar ook ʼn geleentheid vir die ouers, onderwysers en vriende van die skool om vir drie volle dae saam te werk en sodoende samehorigheid en eensgesindheid te versterk. As ʼn span bedien ons smaaklike etes aan byna 500 gaste op ʼn slag. Jy het nog nie ʼn rump steak geëet as jy dit nie by die Rûens Kollege Steakhouse geëet het nie. Die ondersteuning wat ons van Rola Toyota Bredasdorp en Olof Bergh ontvang dra by tot die volhoubaarheid van die projek.

Die graan studiegroep gee aan graanprodusente in die Rûens die geleentheid om hul beste praktyke met mekaar te deel. Vooraanstaande landboukundiges en -kenners besoek die onderskeie blokke voortdurend om inligting in te samel en die beste praktyke te formuleer wat met al die produsente gedeel word. Al die blokke van die deelnemers word gedurende ʼn “Walk and Talk” besoek waartydens elke produsent vrae beantwoord en inligting rondom sy verbouingspraktyke deel.

Rûens Kollege, Klipdale, 7283
Tel: + 27 (0)28 452 1626
Epos: admin@ruenskollege.co.za
Rûens Kollege, Klipdale, 7283
Tel: + 27 (0)28 452 1626
Epos: admin@ruenskollege.co.za
© Kopiereg 2024 Rûens Kollege
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |