Fasiliteite

Rûens Kollege is geleë in een van die mooiste en veiligste areas van die Overberg. Hierdie gebied rondom Klipdale bied stap en fietsry roetes om van te kies en te keur. Met die oop ruimtes en stilte is Rûens Kollege die perfekte plek om asem te skep en ‘n spanbou, konferensie of bosberaad te kom hou. Daar is ʼn verskeidenheid verblyf opsies en fasiliteite om van te kies om aan u spesifieke behoeftes te voldoen. Die kombuis bied ook ‘n keuse van spyskaarte aan en daar is lieflike braaigeriewe tot u beskikking. Ons fasiliteite is perfek vir funksies soos ‘n matriekafskeid, sanguitvoerings en ander onthale. U besoek aan Rûens Kollege Kampus as deel van ‘n skool- of korporatiewe groep sal beslis vol aangename herinneringe wees.

Groepe wat ons besoek kan kies uit die volgende fasiliteite:

Verblyf en Onthaalfasiliteite:

  • Die koshuis, met 48 moderne slaapplekke (6 kamers met 8 slaapbankbeddens elk), moderne badkamers en ʼn ontspanningslokaal met ʼn klein kombuisie. Die koshuis is rolstoelvriendelik. Ons kan ook kamp fasiliteite voorsien.
  • ‘n Moderne kombuis en eetsaal wat gaste tot en met 100 persone kan huisves.
  • ‘n Onderdak dek met ‘n ingeboude braai, aangrensend tot die
  • eetsaal, wat vir klein funksies gebruik kan word. Dit het ʼn pragtige uitsig oor die berge en graanlande.
  • Die Nelius Smith saal met beligting en klanktoerusting, ‘n skemerkelkie afdeling, ‘n binnebraai asook ʼn moderne toegeruste kombuis.
  • ‘n Onderdak Lapa met wasbak, beligting en elektrisiteit.
  • Klubhuis met ingeboude braaigeriewe.

Sport en Ontspanningsgeriewe:

  • Binnenshuise, verhitte 25m swembad
  • Tennis- en netbalbane onder spreiligte
  • Twee rugbyvelde, atletiekbaan asook ‘n krieketveld met nette.
  • Klim muur en “paintball” vir die avontuurlustige

U is welkom om die kampus vooraf te besoek.

Fasiliteite

Rûens Kollege is geleë in een van die mooiste en veiligste areas van die Overberg. Hierdie gebied rondom Klipdale bied stap en fietsry roetes om van te kies en te keur. Met die oop ruimtes en stilte is Rûens Kollege die perfekte plek om asem te skep en ‘n spanbou, konferensie of bosberaad te kom hou. Daar is ʼn verskeidenheid verblyf opsies en fasiliteite om van te kies om aan u spesifieke behoeftes te voldoen. Die kombuis bied ook ‘n keuse van spyskaarte aan en daar is lieflike braaigeriewe tot u beskikking. Ons fasiliteite is perfek vir funksies soos ‘n matriekafskeid, sanguitvoerings en ander onthale. U besoek aan Rûens Kollege Kampus as deel van ‘n skool- of korporatiewe groep sal beslis vol aangename herinneringe wees.

Groepe wat ons besoek kan kies uit die volgende fasiliteite:

Verblyf en Onthaalfasiliteite:

  • Die koshuis, met 48 moderne slaapplekke (6 kamers met 8 slaapbankbeddens elk), moderne badkamers en ʼn ontspanningslokaal met ʼn klein kombuisie. Die koshuis is rolstoelvriendelik. Ons kan ook kamp fasiliteite voorsien.
  • ‘n Moderne kombuis en eetsaal wat gaste tot en met 100 persone kan huisves.
  • ‘n Onderdak dek met ‘n ingeboude braai, aangrensend tot die eetsaal, wat vir klein funksies gebruik kan word. Dit het ʼn pragtige uitsig oor die berge en graanlande.
  • Die Nelius Smith saal met beligting en klanktoerusting, ‘n skemerkelkie afdeling, ‘n binnebraai asook ʼn moderne toegeruste kombuis.
  • ‘n Onderdak Lapa met wasbak, beligting en elektrisiteit.
  • Klubhuis met ingeboude braaigeriewe.
Rûens Kollege Akkommodasie

Kontak Ons