Ons missie is tweeledig – Leer om te lewe. Lewe om te leer. Ons fokus daarop om kinders, binne ʼn waarde gedrewe omgewing, toe te rus met die kennis en vaardighede om ʼn vol en vry lewe te lei in ʼn sterk verhouding met God, medemens, self en die natuur.
Daar word elke kwartaal aktief op ʼn waarde gefokus deur voortdurend geleenthede te skep om die regte gedrag te modelleer en uit te leef. Onderrig en leer word beplan rondom kritiese denke, probleemoplossing, kreatiwiteit, samewerking, kommunikasie en aanpasbaarheid.