Nuusbrief 4 September

Geagte ouers

 

Ons nader die einde van ʼn ongewone kwartaal en dit is wonderlik hoe ons omgewing weer normaal lyk vir die tyd van die jaar. Ons het goeie winterreëns gehad, die Soutrivier loop al onophoudelik sedert Januarie, die Sonderendberge was die afgelope week die sesde keer die jaar met sneeu bedek en die graan lyk fantasties. Alles rede tot groot dankbaarheid.

Rûens se Gars- en Koringblok is ongelooflik gesond en geil.

 

Ons is ook bevoorreg dat ons kinders elke dag van die week skool toe kan kom om interaksie met hul onderwysers en maats te hê. Dit was ook lekker om ouers se dankbaarheid en waardering te ervaar teenoor die onderwysers wat die kwartaal beide tradisionele en aanlyn onderrig ten volle behartig het. Dit is nie ʼn volhoubare praktyk nie en daar gaan volgende kwartaal ʼn klemverskuiwing vanaf aanlyn onderrig na aanlyn ondersteuning wees. Ons gaan ondersteunende materiaal beskikbaar maak vir alle nuwe werk wat onderrig word, maar sonder die gedetailleerde instruksies wat elke dag gedoen word.

 

Die Graad 7’s besoek Exdiem Olywe

Die Graad 6’e besoek Flora Jubilee

Ons kinders het dit gate uit geniet om kreatief rondom hulle tuine te wees tydens lentedag

 

Ons beoog om reeds volgende week swem in klasverband te hervat en moedig u aan om die aanlynregistrasie by die volgende skakel https://forms.gle/FFnYFyEGBNhMSCVe8 te voltooi en die sertifikaat aan Melanie te epos. Ons fasiliteitkode is WCOV001.

 

Melanie gaan ook twee middae per week, na skool, beskikbaar wees vir ekstra swemafrigting en -oefening. Stuur gerus vir haar ʼn epos indien u kind daarin sou belangstel.

 

Die tradisionele klas swemperiode asook landloop gaan van volgende kwartaal weer geskeduleer word. Die skooldag sal noodwendig verleng moet word, sodat akademiese tyd nie ingeboet word nie. Die voorgestelde skooldag tye vir die vierde kwartaal is van 8:30 tot 13:30. Dit skep ook die geleentheid om weer ons middagetes aan die gang te kry.

 

Die finale reëlings sal op 18 September deurgegee word. Die skool sluit die kwartaal op 18 September en heropen weer op 6 Oktober vir die kinders.

 

Baie geluk aan juffrou Elmarie en Gert met die geboorte van hul seun Henko. Ons weet hy gaan hulle vreugde verskaf.

Juffrou Jessica Reynolds het die week by ons aangesluit in die Graad 2-klas. Ons is opgewonde oor wat sy vir ons kinders gaan bied. Ons bedank ook graag vir Mev. Thereza Human wat ons in die interim uitgehelp het.

 

Ons herinner u vriendelik dat u welkom is om ʼn advertensie kosteloos in ons nuusbrief kan plaas.

Geniet u gesin.

JJ Westraad