Nuusbrief 31 Julie 2020

Geagte ouers

Ons is aan die einde van die eerste week waartydens al ons leerlinge weer die geleentheid gekry het om vir vyf dae per week skool toe te kom. Dit het ongelooflik goed gegaan en al die onderwysers is dit eens dat hulle meer werk gedoen gekry het al is die skooldag korter. Die opsie vir kinders om hulleself reeds voor skool aanlyn te vergewis van wat by die skool gaan gebeur, is ʼn deurslaggewende faktor.

Die week in foto’s:

Ons is baie trots op Mabel Matthee en Phillipus Willemse wat derde geëindig het in die finaal van die Dramaweb-kompetisie. Dit is voorwaar ʼn pragtige prestasie. Ons is baie trots op julle.

 

Die amptelike swemseisoen het 30 April tot ʼn einde gekom, waarna die nasionale ranglyste vir al die ouderdomsgroepe en items gepubliseer word. Mienke Kempen het aan die einde van die afgelope seisoen die volgende posisies op die nasionale ranglys beklee:

  • Individuele Wisselslag dogters O/10 – 16de uit 451 deelnemers
  • Vryslag dogters O/10 – 21ste uit 614 deelnemers

Dit is ʼn fantastiese prestasie! Ons is ongelooflik trots op haar en opgewonde oor die toekomstige prestasies wat sy gaan behaal.

Geniet u gesin.