Nuusbrief 17 Julie 2020

Geagte ouers

Dit was met groot opgewondenheid dat ons Rûens se kinders, na vier maande, weer by die skool kon verwelkom. Dit is moeilik om te sê of die kinders, onderwysers of ma’s die blyste was dat die skool weer op kampus heropen het. Ons is regtig trots op hoe almal, sonder moeite, al die nuwe protokolle en praktyke gevolg het.

 

Die eerste week in foto’s:

Almal word heeltyd herinner aan wat ons behoort te doen om gesond te bly.

Ons maak by aankoms seker dat almal in goeie gees en gesondheid is.

Daar is lekker baie spasie in die klas en die maskers hinder nie so erg nie.

Daar is genoeg tyd en plek vir asem skep en bene rek.

 

ʼn Paar praktiese reëlings:

  • Die hek is gestel om daagliks vanaf 08:20 tot 09:10 asook 12:45 tot 13:10 oop te staan om maklike toegang te verseker.
  • Alle kinders moet asseblief regoor die busse se parkeerarea afgelaai word. Dit verseker maklike en gekontroleerde vloei na die mediese keuring stasies toe.
  • Enige persoon anders as  ʼn leerling moet asseblief deur ontvangs, via Mia, toegang tot die skoolgebou verkry.

Geniet u gesin.

JJ Westraad