Rûens Kollege, Klipdale, 7283
Tel: + 27 (0)28 452 1626
Epos: admin@ruenskollege.co.za
Geagte ouers,
Inligting rondom die COVID-19 pandemie raak al hoe meer volledig en bruikbaar. Mense se angs en vrees sal nooit volkome besweer kan word nie, maar die realiteit is dat die pandemie vir ʼn geruime tyd deel van ons alledaagse bestaan gaan wees. Epidemiologiese en pediatriese kundiges is nou van mening dat die virus ʼn onbeduidende invloed op die gesondheid van jonger kinders het.
Dit is ook duidelik dat die voorwaardelike praktyke waaronder skole mag heropen en funksioneer vir ʼn uitgerekte tydperk gaan geld. Dit is baie moeilik om te voorspel hoe die pandemie in ons land en selfs provinsie gaan afspeel. Die regering het dit baie duidelik gemaak dat hulle op kort kennisgewing die vlakke van inperking kan aanpas.
Ons beplan dus om die skool vroeg na die begin van die derde kwartaal fisies te heropen. Dit is belangrik om die heropening geleidelik en stuksgewys te implementeer om almal sodoende die geleentheid te gee om aan die voorgestelde praktyke gewoond te raak.
ʼn Baie belangrike deel van die heropeningsproses is om ons kinders met omsigtigheid in te lig dat omstandighede vir ʼn lang tydperk nie dieselfde gaan wees soos dit waaraan hulle gewoond was nie. Dit kan nogal ontstellend wees, soos bevestig is deur die reaksies van kinders wat die afgelope week onder verwarrende en gejaagde omstandighede moes teruggaan skool toe.
Ons gaan u gedurende die volgende vier weke deurentyd voorsien van beleidsdokumente en inligting om u in die proses by te staan. Ons gaan ook die amptelike regerings- en departementele dokumente vir u kennisname op D6 plaas.
Die voorgestelde tydraamwerk vir heropening is as volg:
Die bogenoemde datums sal noodwendig aangepas moet word soos beperkings vanaf die owerhede ingestel word. Ons gaan u versoek om volgende week, nadat u geleentheid gehad het om ons beleidsdokumente te bestudeer, deel te neem aan ʼn meningsopname rondom die heropening van ons skool.
Rûens Kollege, Klipdale, 7283
Tel: + 27 (0)28 452 1626
Epos: admin@ruenskollege.co.za
Rûens Kollege, Klipdale, 7283
Tel: + 27 (0)28 452 1626
Epos: admin@ruenskollege.co.za
© Kopiereg 2020 Rûens Kollege